Sandra Nortje Translator –  Vertaler header image 4

Entries Tagged as 'Kortverhale en vertalings'

REIS: GEBIED ONGEKAART – Graham Greene

June 4th, 2009 · No Comments

Die vorm van Afrika

‘n Herinnering aan die donkerte: die meisie in Queen’s Bar. Ek het haar raakgeloop waar sy al huilende oor Leicester Square geloop het en waar die sypaadjies toe glipperig was van die blare wat al afgeval het; sy het by die ingang van die Empire Cinema ingegaan en driftig weer omgedraai (dit was nie goed genoeg nie) en toe uiteindelik op ‘n kroegstoeltjie in Queen’s Bar tot rus gekom, haar gesig opgemaak, ‘n gin en tonic gedrink; ek het nie die moed gehad om enigiets te sê of die details uit te vind nie. Buitendien, dit gebeur altyd oral. Mens huil nie as jy nie eers gelukkig was nie; trane beteken altyd iets te beny.

[Read more →]

Tags: Kortverhale en vertalings

Perspektief en komposisie

June 4th, 2009 · No Comments

Perspektief Dis hóé mens dinge bekyk (en wáár jy jou staan kry) het hulle destyds by een van die klubvergaderings gesê. Ek weet nou wat hulle bedoel het. Na ‘n lang tussenpose sukkel ek die laaste tyd om weer aan die gang te kom met my foto’s. Nuwe kamera gekoop; en met die digitale tegnologie […]

[Read more →]

Tags: Kortverhale en vertalings